
Nasionale Kampioenskappe 2024
Bloemfontein, 1 & 2 Mei 2024 – die negende keer agtereenvolgens dat Valley Venture die trofee vir die meeste punte wen.
Valley Venture het die laaste keer in 2017 tydens die Nasionale Kampioenskappe geskou, en het nou weer op 1 & 2 Mei 2024 deelgeneem aan die Nasionale Kampioenskappe in Bloemfontein.
Dit het baie goed gegaan en ons het die trofee vir die meeste punte gewen, waar punte toegeken word vir plasings in klasse. Dit is die negende keer agtereenvolgens wat Valley Venture die punte tydens 'n Nasionale Kampioenskap wen.
Valley Venture het die eerste keer in 1995 aan die Nasionale Kampioenskappe deelgeneem en sedertdien het Valley Venture elke keer die trofee vir die meeste punte op die Skou verower.
Valley Venture het verskeie klasse gewen en kampioene en Reserwe Kampioenskappe verower soos volg:
Uitslae van die Nasionale Kampioenskappe 2024
Klas 1Vroulik 9 – 12 maande
Valley Venture se groep van 5 diere wen ook die Santa groepklas, wat 'n groot prestasie is. Die groep is ook aangewys as die Interras Kampioen groep van 5, waar hulle teen 11 ander rasse meegeding het, waarvan 6 rasse hul S.A. Kampioenskappe gehad het.
Die jong bul VV 23-223 word ook aangewys as die Interras Kampioen Bulkalf en VV 17-149 word aangewys as die Opperste Kampioen Interras Bul.
Baie geluk ook aan Franco Kock van die Kochbo Stoet wat die S.A. Reserwe Kampioen Bulkalf KT 22-34 vertoon het, waarvan die pa Breede Brink geteel is uit twee Valley Venture diere en die ma Valley Venture 20-74 is. Hy vertoon ook die S.A. Jong Bul Kampioen KT 22-19, waarvan die pa weer Breede Brink is en die ma Kochbo Zadi ook geteel is uit twee Valley Venture diere, asook die S.A. Reserwe Senior Kampioen Bul XX 20-14, waarvan die pa Valley Venture 13-73 is en die ma se pa ook 'n Valley Venture bul is.
Baie geluk ook aan Pieter Niemand van die Breede Santa Stoet wat die S.A. Junior Kampioen Bul vertoon het, wat geteel is uit Valley Venture 16-202 en die ma Breede Cleopatra, wat ook geteel is uit twee Valley Venture diere.
Baie geluk aan al die telers wat deelgeneem het aan die S.A. Kampioenskappe met die top kwaliteit diere wat vertoon is. Na my mening was dit, gemiddeld van die diere, die beste wat ek nog ooit gesien het op 'n S.A. Kampioenskap sedert ons in 1995 begin het om op die S.A. Kampioenskappe te skou.

Let's talk genetics
Whether you're looking for your next herd sire or planning ahead for the 2027 auction, Tina would love to hear from you.









































